[Submitted via press release]
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
05 April 2013, Lonehill, Johannesburg Dit het onder Danie Odendaal Produksies se aandag gekom dat baie van 7de Laan se lojale kykers ongelukkig is oor ‘n SABC2-promo wat slegs in Engels uitgesaai is. Hierdie promo, wat deur SABC2 vervaardig is, is bedoel as ‘n spesiale blyk van dank aan ons kykers vir hulle ondersteuning tydens die stemming vir die SAFTA-toekennings wat verseker het dat 7de Laan die gesogte toekenning as die gunsteling sepie ontvang het.
Danie Odendaal Produksies verstaan heeltemal hoekom ons Afrikaanse kykers hierdeur ontstel is en ons wil hulle verseker dat 7de Laan steeds ‘n ware Suid-Afrikaanse sepie is en bly. 7de Laan het ‘n wyd uiteenlopende gehoor en tot 43% van ons kykers is nie Afrikaanssprekend nie maar praat Engels, Nguni, Sotho en ander tale. Dit was nooit die bedoeling om enige van ons kykers te ontstel of uit te sluit nie – inteendeel.
Ons gaan beslis in die toekoms seker maak dat groter sensitiwiteit teenoor ons al ons kykers aan die dag gelê word. Elkeen van hulle is regtig belangrik vir ons.
Danie Odendaal Produksies wil weereens baie, baie dankie sê aan al ons kykers vir hulle lojaliteit en dat hulle ons ingestem het as die gewildste sepie in die land. Ons sien uit na nog baie jare saam.
FOR IMMEDIATE RELEASE
05 April 2013, Lonehill, JohannesburgDanie Odendaal Produksies has become aware that many of 7de Laan’s loyal fans are upset about an SABC2 promo that was only aired in English. The promo, which was produced by SABC 2, was intended as a special thank you to our devoted viewers for their support during the South African Film and Television Awards (SAFTA) voting process, and ensuring that 7de Laan snared the coveted favourite soapie award.
Danie Odendaal Produksies fully understands why the Afrikaans viewers are upset and would like to ensure viewers that 7de Laan remains a truly South African Afrikaans soap. 7de Laan has a very diverse audience and as many as 43% of our viewers are non-Afrikaans speaking, and are made up of English, Nguni, Sotho and Other language fans. There was no intention to upset or exclude any of our fans, in fact quite the opposite.
Going forward, we will endeavour to make a greater effort to ensure our content is more inclusive and sensitive to all our viewers’ needs. Every one of them is important to us.
Again, Danie Odendaal Productions and 7de Laan would like to thank our viewers for their loyalty and for voting us the best soapie in the land. We look forward to many more years together.