Maandag: 27 Julie ~
Ek dink iemand speel die fool met Gita se kop. Wat vang hulle aan met die arme vrou? Hulle maak 'n gai van haar. Ek gooi amper my koffie teen die ceiling toe sy opkom. Nadat die hele Jo'burg se apprentice hairdressers nou op háár kop geoefen het sal ons hopenlik weer 'n haarstyl aan haar sien wat mens nie laat ruk soos jy skrik nie. Demmit, dis in mens se eettyd daai, hulle kan mens laat stik in jou soja mince, dis 'end of the month Salticrax' tyd.
Ai, die Felicity maak moeilikheid. Sy wil net nice maak met Willem, maar dit gaan haar nog suur bekom. Herman is mos hoeka beneuk van geaardheid, bi-polar as ek al ooit 'n case gesien het. En dit nou oor 'n bottel Handy Andy en Jik nê. As Herman eers 'n golfstok gryp gaan dinge dalk handuit ruk, ek wil nie in sy pad staan as hy begin gewigte rondswaai nie. Aan die eenkant wil Felicity wimpers fladder en plastic hare rondswaai vir Willem en haar beursie oopmaak (dis nou die regte een met geld, kaarte en 'n Disprin in nê) en aan die anderkant wil sy streng stiefma vol sedes en morals speel met Nadia, wie se boyfriend se stem nog nie eers gebreek het nie. Het die vrou 'n mid-life crisis?
En die arme Charmaine draf die hele Laan op en af, wil net oral jammer sê, sy met haar harddrive wat gecrash het, weet van niks, memory is gewipe. Ek kry haar vreeslik jammer, maar het regtig onse crazy Charmaine gemis vanaand. Charmaine het nog 'n paar vriende oor, so die evil twin se werk is nog nie klaar nie. Neville gaan nog 'n paar keer rubber scramble eiers moet eet, hy sal nog baie moet praat.
Vrydag: 24 Julie ~
Ai ou Neville, vir ‘n skerp koerantman is jou tjoep ook maar pap. Hy gaan sekerlik nog die ander Charmaine iewers raakloop. Hy sal glo hy het iets vreesliks verkeerd gedoen, en net soos alle mans wie se vrouens skielik diklip vir hulle is sal hy ook nie ‘n clue hê hoekom nie. Maar hy sal in elk geval opmaak met geskenke en ‘n bottel Hanepoot. Dis die eerste keer in my lewe dat ek sien dat iemand wat ‘n drankprobleem gehad het vat so lekker. Ek het ‘n oom geken wat nie so gelukkig was nie, ‘n stukkie brandewyntert het hom teruggestuur Ramot toe. Dié nuwe Charmaine lyk hoeka vir my soos een wat ‘n lang Black Label vinnig kan wegslaan en met ‘n Peppermint likeur kan chase. Ek dink Errol se beurt is naby, dan sal sy groot oë nog ronder raak vir dié antie van hom. Siestog.
Ek het gister my feite effens verkeerd gehad. Om een of ander rede het ek gedink Hillside Travel is ook in die Heights se gebou. Ek besef vanaand dit is nie, Gita skroef iemand anders op oor die sekuriteit. Ek sien sy het ‘n effens ander haarstyl vanaand, hare so agter die ore. Dit lyk beter as die vorige helmet styl.
Nadia moet haarself geniet saam met Steak & kidney, alhoewel daar nie juis veel steak aan daai beentjies van hom is nie. Dis mos net ‘n kwessie van tyd dat Nadia se bevange pa uitvind dié jong slaap nie op die bank nie. Dan moet Nadia weer hol dat haar plastic ponytail so wip!
En Louis is flavour of the month. Herman moet maar wakker loop, môre loop Willem met sy vrou én sy besigheid weg.
Ek kan nie glo Bruynwaves is nie aangestel vir die bekendstelling van Herman se nuwe groot winkel nie! Jinne, hulle maak nie mooi met Altie nie, een breinverlamming en jy word misgekyk vir Vince se twee platters vir 100 mense.
Donderdag: 23 Julie ~
Die imposter was omtrent op haar stukke gewees vanaand! Arme Bonita hap na wind soos 'n goudvissie op droë grond. Phulani wil nog 'n oudoos toppie probeer verkoop aan Charmaine, ek daar skrik sý ook amper haar straight pruik in 'n krul in. Nee kyk, dié vrou laat nie met haar mors nie, sy klim sommer elke oggend met verkeerde voet uit die bed uit plus sy het 'n hormoonwanbalans saam met PMS. Arme Bonita, daar moet haar verlede ook sommer ingesleep word, stomme girl. Punte vir Matrone wat nie die onbeskofte vrou gaan laat sit en verniet koffie drink nie en dan nog mond uitspoel oor haar koeksisters ook. Sies! Ek was skoon bang vir Sonja se part toe sy haar job gaan terugvra het. Wat natuurlik vir my duister is dat mense nooit twee van haar sien nie. Sy kan tog nie in die koffiewinkel én Eclectic E wees nie.
Julle, ek like hierdie storie met Felicty en Willem net niks nie. Hy het so half verskrik gelyk toe sy haar hand op syne sit.... ek kon duidelik sy gedagtes lees..... "WTF? Is she coming on to me?!"
Ek dink die inbraak by Hillside Travel gaan Gita en haar nuwe partner dwing om bymekaar te kom, want daar moet mos nou oor sekuriteit gepraat word en geld uitgegee word. Dit gaan 'n goeie stuk wees! Gita kry dit hotagter deesdae, like X1000. Eers sê Charmaine haar lekker in en nou die skok van haar "partner". Ai, dit kon nie met 'n beter mens gebeur nie......cackle cackle cackle (hekselag).
Ek moet sê Vanessa se make-up lyk baie mooi deesdae. Dis net daai byekorf op haar kop wat my pla. Ek weet nie hoe haar nekkie dit hou nie. Gelukkig het sy stewige boude (soos ek) wat alles kan dra.
Ons koukus weer môre.